Dok Faffa se nuwe veesiekteboek hoort in elke bakkie | Landbou (2024)

Dok Faffa se nuwe veesiekteboek hoort in elke bakkie | Landbou (1)

Dr. Faffa Malan het die finale werk aan die bygewerkte boek Entstowwe en Immunisering van Plaasdiere ná die dood van dr. Jan du Preez oorgeneem. Hier is hy met die voorblad van die nuwe uitgawe. (Die grafiese ontwerp is deur Sanet du Plessis.) Foto van Malan: Charl van Rooyen

’n Hernude uitgawe van die boek Entstowwe en Immunisering van Plaasdiere verskyn eersdaags en volgens een van die skrywers, dr. Faffa Malan, hoort dit in elke boer se bakkie om te raadpleeg wanneer iets met ’n plaasdier skort.

Malan en die bekende veearts dr. Jan du Preez het die oorspronklike boek in 2016 gepubliseer. Nuwe inligting en bykomende hoofstukke is pas bygewerk om met ’n nuwe baadjie uitgegee te word. Die druk van die boek word gefinansier deur Design Biologix, ’n private entstofmaatskappy van Pretoria, waar twee vroue, Karen Nel, direkteur, en dr. Angela Buys, uitvoerende hoof, aan die stuur van sake is.

Nel sê inenting is baie belangriker en verg minder tyd as om siek diere gesond te dokter. Daarom hoop sy die boek sal vir boere en ander baie waardevol as ’n bron van handige inligting oor die diere in hul sorg wees.

Du Preez is in Februarie vanjaar oorlede terwyl hy nog met die laaste werk aan die boek besig was. Malan het toe die projek in samewerking met die projekbestuurder en uitgewer, Sanet du Plessis, oorgeneem.

Lees meer -Huldeblyke vir oorlede veearts

Du Plessis sê hulle het weens die omvang van die veranderings wat aangebring is, besluit om die boek te hersien en by te werk, eerder as om dit bloot te herdruk. Dit spog ook met ’n nuwe voorblad en uitleg.

Malan sê die boek is in maklik verstaanbare taal geskryf en is in Afrikaans en Engels (Vaccines and Immunisation of Farm Animals) verkrygbaar.

“Dit is baie belangrik dat boere entstowwe korrek gebruik en toedien sodat dit doeltreffend kan funksioneer. Die boek behandel dus die verskillende siektes en entstowwe by beeste, skape, bokke, perde, varke, pluimvee en konyne, insluitend hoe die siektes oorgedra en behandel word en die entstowwe wat daarvoor beskikbaar is. Agterin die boek verskyn ook ’n lys van Design Biologix se entstowwe.

Diep spore in veeartsbedryf

Tussen die twee skrywers is jare se ondervinding in die veeartsenybedryf.

Du Preez het in 1966 aan die Hoër Landbouskool Merensky in Tzaneen gematrikuleer en die graad BVSc in 1971 aan die Universiteit van Pretoria (UP) verwerf. Hy het dit opgevolg met nagraadse diplomas in veeartsenykundige openbare gesondheid, DVPH (1978), en tersiêre opvoeding, DTE (1981) en die graad MMedVet(Hyg) (ook in 1981), waarna hy hom as veeartsenykundige spesialis in openbare gesondheid geregistreer het. In 1985 het hy die graad DVSc en in 1994 die graad PhD verwerf. Van 1972 tot 1978 het Du Preez as ’n private veearts in Letsitele gewerk, van 1979 tot 1988 was hy ’n senior lektor en professor aan die UP se fakulteit veeartsenykunde en hy was van 1989 tot 2000 ’n voltydse navorser aan die Landbounavorsingsraad op Onderstepoort. Hy was ook die besturende direkteur van die MPO se Instituut vir Suiweltegnologie.

Du Preez het in verskeie komitees en rade gedien. Hy het meer as 350 wetenskaplike en populêre artikels gepubliseer, en hy was die outeur en mede-outeur van akademiese boeke. Hy was voor sy dood besig met sy studies vir ’n derde doktorsgraad in veeartsenykunde oor die impak van hittestres, ensoötiese beesleukose en mastitis op die melkbedryf en het sy skripsie voltooi, maar die graad is nooit toegeken nie omdat sy toesighouer die universiteit verlaat het.

Malan het die graad BVSc in 1968 aan die UP verwerf en hy was ’n jaar aan die departement bakteriologie van die Onderstepoort Veterinêre Instituut verbonde voordat hy op Vrede as veearts begin werk het. Daar het hy ’n belangstelling in die beheer van skaap- en beessiektes ontwikkel. Van 1978 tot 2003 was hy hoof van Hoechst (later Intervet) se proefplaas op Malelane, waar ’n groot aantal nuwe veemiddels ontwikkel is, nuwe parasietspesies beskryf en wetenskaplike artikels oor parasiete en hul beheer gepubliseer is.

Hy het saam met prof. Gareth Bath en dr. Jan van Wyk die Famacha-stelsel vir haarwurmbeheer ontwikkel wat wêreldwyd gebruik word.

Malan is tans die bestuurder van Ruvasa (Herkouerveeartsenykundige Vereniging van Suid-Afrika), hanteer die rubriek Vra vir Faffa op Landbou.com en bied ’n veeartsnykundige insetsel op Landbouweekliks aan.

Die boek kan bestel word by: angela@designbio.co.za

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Dok Faffa se nuwe veesiekteboek hoort in elke bakkie | Landbou (2024)

References

Top Articles
Valorant Lore Explained: The Story Behind the Agents and World | iBUYPOWER®
The Rise and Success of Maplestar Animation: A Deep Dive - Rubblemagazine
11 beste sites voor Word-labelsjablonen (2024) [GRATIS]
Northern Counties Soccer Association Nj
Coverage of the introduction of the Water (Special Measures) Bill
Crossed Eyes (Strabismus): Symptoms, Causes, and Diagnosis
Northern Whooping Crane Festival highlights conservation and collaboration in Fort Smith, N.W.T. | CBC News
7.2: Introduction to the Endocrine System
Is Csl Plasma Open On 4Th Of July
Craigslist In Fredericksburg
Vocabulario A Level 2 Pp 36 40 Answers Key
Myunlb
Tamilblasters 2023
Was sind ACH-Routingnummern? | Stripe
Helloid Worthington Login
How to Store Boiled Sweets
Flower Mound Clavicle Trauma
Darksteel Plate Deepwoken
978-0137606801
Viprow Golf
How To Cut Eelgrass Grounded
Edicts Of The Prime Designate
Traveling Merchants Tack Diablo 4
A Biomass Pyramid Of An Ecosystem Is Shown.Tertiary ConsumersSecondary ConsumersPrimary ConsumersProducersWhich
Breckie Hill Mega Link
Ac-15 Gungeon
Village
Helpers Needed At Once Bug Fables
Beaufort 72 Hour
Buhl Park Summer Concert Series 2023 Schedule
How rich were the McCallisters in 'Home Alone'? Family's income unveiled
Maths Open Ref
031515 828
Dtlr On 87Th Cottage Grove
Advance Auto Parts Stock Price | AAP Stock Quote, News, and History | Markets Insider
Haunted Mansion Showtimes Near Cinemark Tinseltown Usa And Imax
Roch Hodech Nissan 2023
Edict Of Force Poe
Wsbtv Fish And Game Report
Mckinley rugzak - Mode accessoires kopen? Ruime keuze
Top 25 E-Commerce Companies Using FedEx
Restored Republic May 14 2023
A Comprehensive 360 Training Review (2021) — How Good Is It?
sacramento for sale by owner "boats" - craigslist
Costco Gas Foster City
Lady Nagant Funko Pop
Iron Drop Cafe
Ihop Deliver
Julies Freebies Instant Win
Who Is Nina Yankovic? Daughter of Musician Weird Al Yankovic
10 Bedroom Airbnb Kissimmee Fl
Rétrospective 2023 : une année culturelle de renaissances et de mutations
Latest Posts
Article information

Author: Lilliana Bartoletti

Last Updated:

Views: 5763

Rating: 4.2 / 5 (53 voted)

Reviews: 92% of readers found this page helpful

Author information

Name: Lilliana Bartoletti

Birthday: 1999-11-18

Address: 58866 Tricia Spurs, North Melvinberg, HI 91346-3774

Phone: +50616620367928

Job: Real-Estate Liaison

Hobby: Graffiti, Astronomy, Handball, Magic, Origami, Fashion, Foreign language learning

Introduction: My name is Lilliana Bartoletti, I am a adventurous, pleasant, shiny, beautiful, handsome, zealous, tasty person who loves writing and wants to share my knowledge and understanding with you.